1 Konings 12:28 Bybel Kruisverwysings | Vers-vir-Vers Verbindinge - ABA (2025)

«

Bybel vir almal

Koning Jerobeam het toe vir sy raadgewers gevra wat hy moet doen, en hy het twee goue kalfbeelde laat maak. Hy het vir sy mense gesê: “Mense van Israel, julle het lank na Jerusalem gegaan, maar hier is nou julle gode wat vir julle uit die land Egipte gebring het.”

Sien die hoofstuk Kopieer

Ander vertalings

»

34 Kruisverwysings

1 Konings 14:9

Maar jy het slegter dinge gedoen as almal wat vóór jou koning was. Jy het vir jou ander gode en beelde gemaak. So het jy vir My hartseer gemaak en weggegaan van My.

Sien die hoofstuk


1 Konings 15:26

Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Sy pa Jerobeam het die mense van Israel sonde laat doen, en Nadab het dieselfde gedoen, hy het dieselfde sondes gedoen wat sy pa gedoen het.

Sien die hoofstuk


1 Konings 16:19

Dit het gebeur omdat Simri sonde gedoen het en dinge gedoen het waarvan die Here nie hou nie. Hy het gedoen soos Jerobeam, hy het dieselfde sonde gedoen wat Jerobeam gedoen het en wat Jerobeam die mense van Israel laat doen het.

Sien die hoofstuk


2 Konings 10:29

Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die Israeliete laat doen het. Die goue kalfbeelde was nog in die stede Bet-El en in Dan.

Sien die hoofstuk


2 Konings 17:16

Hulle was ongehoorsaam aan al die wette van hulle God die Here. Hulle het twee kalfbeelde gemaak en hulle het 'n gewyde paal ingeplant. Hulle het gebuig voor die son en die maan en al die sterre, en hulle het vir Baäl gedien.

Sien die hoofstuk


2 Konings 17:8

en hulle het dieselfde dinge gedoen wat die ander volke gedoen het. Die Here het daardie volke weggejaag om plek te maak vir die mense van Israel. Die konings van Israel het gedoen soos die konings van ander volke,

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 11:14

Die Leviete het hulle weivelde en hulle grond gelos en hulle het na Juda en Jerusalem gekom, want Jerobeam en sy seuns het gesê hulle mag nie meer priesters van die Here wees nie.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 11:15

Jerobeam het sy eie priesters gekies en aangestel vir die offer-plekke en die veldgode en die kalfbeelde wat hy gemaak het.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 13:8

En nou dink julle dat julle sterk kan wees teen die land van die Here, die land waaroor Hy vir Dawid en sy seuns laat regeer. Julle is 'n groot klomp manne en julle het die kalfbeelde by julle, die beelde wat Jerobeam laat maak het om julle gode te wees.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 15:3

Israel het 'n lang tyd nie die ware God gedien nie. Hulle het nie 'n priester gehad wat vir hulle kon leer nie en hulle het nie die wette van God geken nie.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 17:4

Nee, hy het die God van sy voorvaders gedien en hy het gelewe soos God sê. Josafat het nie gedoen wat die konings van Israel gedoen het nie.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 21:6

Hy het verkeerd gelewe soos die konings van Israel, soos die familie van koning Agab, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Joram het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie.

Sien die hoofstuk


2 Kronieke 33:7

Manasse het 'n beeld gemaak, en hy het dit in die tempel gesit. God het voorheen vir Dawid en sy seun Salomo oor daardie tempel gesê: “Ek wil altyd in hierdie tempel en in Jerusalem wees. Ek het hierdie stad gekies uit al die stede van die stamme van Israel.

Sien die hoofstuk


Eksodus 1:10

Wanneer ons vyande oorlog maak teen ons, dan sal die Israeliete miskien saam met hulle veg teen ons en hulle sal ons land vat. Kom ons maak 'n plan, sodat hulle nie nog meer kan word nie.”

Sien die hoofstuk


Eksodus 20:4

“Jy mag nie vir jou 'n beeld maak en voor hom buig en hom dien nie, nie 'n beeld wat lyk soos iets bo in die hemel of soos iets onder op die aarde of soos iets in die water onder die aarde nie. Ek is jou God die Here, jy moet net vir My dien. Ek straf die kinders as die pa sonde gedoen het. Ek straf ook sy kleinkinders en agterkleinkinders as hy My haat en ongehoorsaam is aan My.

Sien die hoofstuk


Eksodus 32:25

Moses het gesien die volk het wild geword en verkeerd gedoen. Hy het ook gesien dit was Aäron se skuld. Hy het geweet hulle vyande sal hulle spot.

Sien die hoofstuk


Eksodus 32:4

Hy het dit geneem en gesmelt. Hy het 'n beeld van 'n bul-kalf daarvan gemaak. Toe sê die Israeliete: “Hierdie is ons god, hy het ons uit Egipte gebring.”

Sien die hoofstuk


Eksodus 32:8

Hulle het gou vergeet wat Ek vir hulle gesê het. Hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bul-kalf gemaak en hulle het voor die beeld gebuig. Hulle het vir hom offers gebring en gesê: ‘Israeliete, hier is julle god, hy het julle uit Egipte gebring.’ ”

Sien die hoofstuk


Spreuke 14:12

Iemand kan dink dat hy reg lewe, maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.

Sien die hoofstuk


Jesaja 30:1

Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met julle. Julle is soos ongehoorsame kinders. Julle maak planne en ooreenkomste maar Ek het nie gesê julle moet dit doen nie. Julle doen meer en meer sonde.

Sien die hoofstuk


Jesaja 30:10

Hulle sê vir die profete: “Julle moenie kyk wanneer die Here vir julle wys wat sal gebeur nie. Julle moenie luister wanneer Hy sê wat reg is nie. Julle moet vir ons dinge sê wat ons graag wil hoor, dit maak nie saak of dit nie waar is nie.”

Sien die hoofstuk


Esegiël 16:26

Jy het ander gode gedien saam met die Egiptenaars, hulle wat altyd lus was om by jou te slaap. Jy het baie gehou van hulle, jy het aangehou om ontrou te wees en My seer te maak.

Sien die hoofstuk


Esegiël 23:8

Sy het in Egipte begin om by mans te slaap en sy het nie opgehou om dit te doen nie. Sy was nog jonk toe hulle by haar begin slaap het. Hulle het aan haar borste begin voel toe sy 'n jongmeisie was. Hulle het met haar gedoen wat hulle wou.

Sien die hoofstuk


Daniël 3:1

Koning Nebukadnesar het 'n beeld gemaak. Die beeld was van goud, en dit was 60 el hoog en ses el breed. Hy het die beeld regop laat staan in die Dura-vallei in die land Babel.

Sien die hoofstuk


Hosea 10:10

en wanneer Ek so besluit, dan sal Ek die mense van Israel ook straf. Ek sal ander volke bymekaar laat kom teen hulle om hulle te straf, want hulle het weer en weer sonde gedoen.

Sien die hoofstuk


Hosea 10:8

Die vyande sal die offer-plekke in Bet-El verwoes, daar waar die mense van Israel sonde gedoen het. Dorings en bossies sal op hulle altare groei. Hulle sal vir die berge en die heuwels sê: “Val op ons, maak ons toe!”

Sien die hoofstuk


Amos 5:5

Julle moenie in die stad Bet-El gaan vra nie, en julle moet ook nie na die stad Gilgal gaan nie. Julle moenie verder gaan na die stad Berseba nie. Die vyande sal die mense van Gilgal vang en na 'n ander land vat en hulle sal Bet-El verwoes.”

Sien die hoofstuk


Amos 8:14

Wanneer hulle iets belowe het, dan het hulle altyd gesê: ‘Die afgod van Samaria is die getuie,’ of hulle het vir die stad Dan gesê: ‘So seker soos jou god lewe!’ of: ‘So seker soos daar 'n pad is na die stad Berseba!’ Maar hulle sal val, hulle sal nie weer opstaan nie.”

Sien die hoofstuk


2 Petrus 2:19

Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak, maar die vals leermeesters is self slawe van alles wat sleg en swak is, want wanneer iets jou oorwin het, dan is jy sy slaaf.

Sien die hoofstuk


1 Samuel 27:1

Dawid het gedink: Eendag sal Saul my kry en dan sal hy my doodmaak. Dit sal beter wees as ek wegvlug na Filistyne-land, dan sal Saul ophou om my oral in die land Israel te soek. So sal ek wegkom van hom.

Sien die hoofstuk


1 Konings 12:28 Bybel Kruisverwysings | Vers-vir-Vers Verbindinge - ABA (2025)

References

Top Articles
Latest Posts
Recommended Articles
Article information

Author: Carlyn Walter

Last Updated:

Views: 5285

Rating: 5 / 5 (70 voted)

Reviews: 93% of readers found this page helpful

Author information

Name: Carlyn Walter

Birthday: 1996-01-03

Address: Suite 452 40815 Denyse Extensions, Sengermouth, OR 42374

Phone: +8501809515404

Job: Manufacturing Technician

Hobby: Table tennis, Archery, Vacation, Metal detecting, Yo-yoing, Crocheting, Creative writing

Introduction: My name is Carlyn Walter, I am a lively, glamorous, healthy, clean, powerful, calm, combative person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.